Tuesday, 30 July 2013
Baie dankie vir die ongelooflike ondersteuning en
samewerking rakende ons NEDINE BLOM KINDERFEES wat voorlê. Ek het net weereens besef hoe bevoorreg ons
is om u as ouers van hierdie ateljee te hê.
My hart is warm om te weet dat u deel van u kind se lewe is en wil wees!
As ouer weet ek dit is een van die grootste geskenke wat u vir u kind kan gee.
KINDERFEES: Hierdie
fees van ons is nie ‘n BALLET konsert nie.
Die idee van die fees het met die uitnodiging van NEDINE BLOM gekom.
Haar hele idee is om KIMBERLEY se kinders ‘n fees te laat hê! Sy het daarvoor ‘n ateljee in Kimberley
gekies om die choreografie op haar liedjies te doen. Ek het dit met ope arms verwelkom,aangsien
dit vir elke liewe dansertjie en danser ‘n lewenslange ondervinding en herinnering
sal hê.
KOSTUUMS: Die
hele ateljee se kids,ongeveer 200 kids is in verskeie groepe opgedeel. Elke groep het dan ‘n koordineerder wat u
binnekort sal kontak en presies aan u sal deurgee wat u kind vir die spesifieke
dansies benodig. Die koordineerders sal
die verantwoordelikheid op hulle neem,maar soos alles in die lewe sal elke ouer
net haar kind se eie kostuums moet betaal.
Die onus rus egter op u om die kostuum na die konsert te hou of aan die
ateljee te skenk. Wees asseblief
verseker ons probeer ons heel beste om dit so goedkoop as moontlik te hou.
Aangesien heelwat van die leerlinge in
meer as een item deelneem.
Daar is steeds
ouers wat nie bewus is van die datum,na verskeie briewe.
DATUM: SATERDAG 5 OKTOBER 2013 DAAR SAL 2 VERTONINGS WEES 10H
EN 18H. LEERLINGE IS VERPLIG OM BY
ALTWEE VERTONINGS OP TE TREE.
KLEEDREPITISIE WEEK: 1
TOT 4 OKTOBER 2013. ALLE LEERLINGE SAL
DAN ELKE DAG REPITEER.
MODERNE DANS EN MAJOR EKSAMENS: Ek het steeds nie spesifieke datums vir die eksamens,wees
verseker sodra ek weet,stel ek u
onmiddelik in kennis.
JAARLIKSE BALLET EKSAMENS: Ek het as direkteur vergunning om nie saam met die
Noord-Kaap groep eksamens te doen en kan dus my eie datum boek vir die
jaarlikse eksamens. Ek het nog nooit
voorheen van die voorreg gebruik gemaak nie,maar na vele oorweging besluit om
hierdie jaar van dit gebruik te maak.
Die ballet eksamens gaan dus na volgende jaar (2014) se
einde van die eerste kwartaal geskuif word en jaarliks dan hierdie tyd
wees. Ek het hierdie saak baie ernstig bedink en
oorweeg en kan u verseker dat dit net tot voordeel van elke leerling sal
wees.a.g.v. verskeie redes. So sal ons
dan ook elke einde van die jaar ‘n
medalje eksamen kan doen en nie net een keer in 2 jaar. Ek glo
dat u my ten volle sal ondersteun rakende die besluit.
SUPERCOOL KINDERFEES
MET NEDINE BLOM
Die tyd het aangebreek vir ons supercool kinderfees, asook
DVD opname. Elke student sal deel he in hierdie fees en DVD. Daar sal 2
vertonings wees op SATERDAG 5 OKTOBER om 10h00 en 18h00.
KAARTJIES: Die kaartjies is alreeds beskikbaar om te koop
teen R80 per person by die ateljee. Om hierdiee fees van ons ‘n groot sukses te
maak is dit onmoontlik om alles op ons eie te doen en het ons dus baie help
nodig.
Met alle voorregte kom daar ook opofferings. Ons gaan
hierdie kwartaal NET aan die kinderfees oefen, met ekstra oefentye by. Elke
leerling het al reeds ‘n rooster ontvang met die NUWE oefentye vir hierdie
kwartaal. Om die fees ‘n sukses en groot gemaklike ondervinding op die verhoog
te maak is dit BAIE BELANGRIK dat leerlinge ELKE oefening bywoon. Ons werk in
groot groepe en indien daar leerlinge klasse mis benadeel hulle nie net
hulself, maar die ander leerlinge ook.
Subscribe to:
Posts (Atom)