Tuesday 30 July 2013


Liewe Ouers

Baie dankie vir die ongelooflike ondersteuning en samewerking rakende ons NEDINE BLOM KINDERFEES wat voorlê.  Ek het net weereens besef hoe bevoorreg ons is om u as ouers van hierdie ateljee te hê.  My hart is warm om te weet dat u deel van u kind se lewe is en wil wees! As ouer weet ek dit is een van die grootste geskenke  wat u vir u kind kan gee.

KINDERFEES:         Hierdie fees van ons is nie ‘n BALLET konsert nie.  Die idee van die fees het met die uitnodiging van NEDINE BLOM  gekom.  Haar hele idee is om KIMBERLEY se kinders ‘n fees te laat hê!  Sy het daarvoor ‘n ateljee in Kimberley gekies om die choreografie op haar liedjies te doen.  Ek het dit met ope arms verwelkom,aangsien dit vir elke liewe dansertjie en danser ‘n lewenslange ondervinding en herinnering sal hê. 

KOSTUUMS:            Die hele ateljee se kids,ongeveer 200 kids is in verskeie groepe opgedeel.  Elke groep het dan ‘n koordineerder wat u binnekort sal kontak en presies aan u sal deurgee wat u kind vir die spesifieke dansies benodig.  Die koordineerders sal die verantwoordelikheid op hulle neem,maar soos alles in die lewe sal elke ouer net haar kind se eie kostuums moet betaal.  Die onus rus egter op u om die kostuum na die konsert te hou of aan die ateljee te skenk.  Wees asseblief verseker ons probeer ons heel beste om dit so goedkoop as moontlik te hou. Aangesien heelwat van die  leerlinge in meer as een item deelneem.   

 Daar is steeds ouers wat nie bewus is van die datum,na verskeie briewe. 

DATUM:         SATERDAG  5 OKTOBER 2013 DAAR SAL 2 VERTONINGS WEES 10H EN 18H.  LEERLINGE IS VERPLIG OM BY ALTWEE VERTONINGS OP TE TREE.

KLEEDREPITISIE WEEK: 1 TOT 4 OKTOBER 2013.  ALLE LEERLINGE SAL DAN ELKE DAG REPITEER.

MODERNE DANS EN MAJOR EKSAMENS:    Ek het steeds nie spesifieke datums vir die eksamens,wees verseker sodra ek weet,stel ek  u onmiddelik in kennis.

JAARLIKSE BALLET EKSAMENS:         Ek het as direkteur vergunning om nie saam met die Noord-Kaap groep eksamens te doen en kan dus my eie datum boek vir die jaarlikse eksamens.  Ek het nog nooit voorheen van die voorreg gebruik gemaak nie,maar na vele oorweging besluit om hierdie jaar van dit gebruik te maak.

 

Die ballet eksamens gaan dus na volgende jaar (2014) se einde van die eerste kwartaal geskuif word en jaarliks dan hierdie tyd wees.   Ek het hierdie saak baie ernstig bedink en oorweeg en kan u verseker dat dit net tot voordeel van elke leerling sal wees.a.g.v. verskeie redes.   So sal ons dan ook elke einde van die  jaar ‘n medalje eksamen kan doen en nie net een keer in 2 jaar.   Ek glo dat u my ten volle sal ondersteun rakende die besluit. 

 

No comments:

Post a Comment